Ons missie vir elke leerder is om:
- die oorgang van die grondslagfase na die intermediêre fase so maklik as moontlik te maak.
- die leerders in selfstandige en verantwoordelike individue te ontwikkel.
- lopende skrif te bemeester.
- hulle bloot te stel aan nuwe leerareas en belangstelling daarin te kweek.
- tydsbestuur en organiseringsvaardighede suksesvol aan te leer.
- ‘n holistiese benadering tot die leerproses te volg en die kind as ‘n geheel te ontwikkel.
- empatie en respek vir hul medemens te ontwikkel.